Hongkongse nasionale krieketspan

Hongkong
Kenteken van die Hongkongse nasionale krieketspan
KonferensieKrieket Hongkong (CHK)
Personeel
KapteinNizakat Khan
AfrigterVlag van Engeland Simon Willis[1][2][3]
Spaninligting
StadHongkong
Tuisveld(e)Mission Road Ground
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1969)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[4] Beste rang tot dusver
T20I21ste11de (op 31 Augustus 2015)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Bangladesj Bangladesj op Singalese Sportklub-krieketveld, Colombo; 16 Julie 2004
Laaste EDIt Vlag van Indië Indië op Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai; 18 September 2018
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[5]269/16 (34,61%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[6]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
8 (eerste in 1982)
Beste uitslag3de plek (in 2014)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Nepal Nepal op Zohur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 16 Maart 2014
Laaste T20It Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate op Mulpani-krieketveld, Kageshwari-Manohara; 2 November 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[7]7229/43 (40,27%)
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[8]188/10
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/9 (eerste in 2014)
Beste uitslagEerste rondte (in 2014 en 2016)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2012)
Beste uitslag4de plek (in 2015)
EDI-klere
T20I-klere
Hongkongse nasionale krieketspan
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   香港板球男子代表隊
Vereenvoudigde Chinees   香港板球男子代表队
Pinyin Xiānggǎng Bǎnqiú Nanzǐ Dàibiǎoduì
Jyutping Hoeng1gong2 Baan2kau4 Naam4zi2 Doi6biu2doi6*2

Die Hongkongse nasionale krieketspan (Chinees: Tradisionele karakters: 香港板球男子代表隊, Vereenvoudigde karakters: 香港板球男子代表队, Pinyin: Xiānggǎng Bǎnqiú Nanzǐ Dàibiǎoduì, Jyutping: Hoeng1gong2 Baan2kau4 Naam4zi2 Doi6biu2doi6*2) is die nasionale krieketspan wat die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Krieket Hongkong (CHK, van Engels: Cricket Hong Kong; Chinees: 香港板球) wat in 1969 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword het.[9] Hongkong het sy eerste krieketwedstryd in Maart 1866 gespeel.[10]

Hongkong het sy eerste EDIs tydens die Asiatiese Beker 2004 gespeel,[10][11] en in Januarie 2014 is, nadat hulle tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 derde geëindig het, aan hulle EDI-status tot in 2018 toegeken.[12] Die span het in November 2013 T20I-status verkry, nadat hulle vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer het.[13] Hongkong het sy EDI-status in Maart 2018 verloor, nadat hulle in die uitspeelwedstryd tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 teen Nederland verloor het.[14] In September 2018 het Hongkong egter twee bykomende EDI-wedstryde tydens die Asiatiese Beker gespeel, nadat hulle die T20I-wêreldbekerkwalifikasie kon wen, en die IKR aangekondig het dat al die wedstryde tydens die hooftoernooi as EDI-wedstryde erken sal word.[15]

Hongkong het tot dusver aan elke krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi, behalwe vir dié in 1979 en 2005, deelgeneem.[16] Hulle het ook aan twee Interkontinentale Bekertoernooie deelgeneem, in 2005[17] en in 2015/17, asook aan twee T20I-wêreldbekertoernooie, in 2014 en 2016.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Hongkong ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[18] Hongkong is tans (Oktober 2023) 21ste op die Twintig20-wêreldranglys.[19]

  1. (en) "Staff & Coaches, Men's Squad". Krieket Hongkong. Besoek op 15 Februarie 2024.
  2. (en) Josh Ball (23 Oktober 2022). "Hong Kong cricket coach Trent Johnston resigns, hails 'best three years of my coaching career'". South China Morning Post. Besoek op 15 Februarie 2024.
  3. (en) "New Head Coach to lead a refreshed Hong Kong team ahead of an exciting new season!". Krieket Hongkong. Besoek op 15 Februarie 2024.
  4. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  5. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "Hong Kong". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 3 Februarie 2020.
  10. 10,0 10,1 (en) "Chronology of Hong Kong cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  11. (en) "List of Hong Kong ODIs". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2008. Besoek op 12 Oktober 2008.
  12. (en) "Scotland and UAE battle lock horns in final of ICC CWCQ 2014". Internasionale Krieketraad. 31 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2014. Besoek op 31 Januarie 2014.
  13. (en) "Hong Kong, Netherlands through to World T20". ESPNcricinfo. 28 November 2013. Besoek op 15 Februarie 2024.
  14. (en) "CWCQ 2018 Report Card: Hong Kong". Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  15. (en) "ICC awards Asia Cup ODI status". Internasionale Krieketraad. 9 September 2018. Besoek op 15 Februarie 2024.
  16. (en) "ICC Trophy matches played by Hong Kong". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2012.
  17. (en) "2005 ICC Intercontinental Cup". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2014.
  18. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 15 Februarie 2024.
  19. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 3 November 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne